Ek wil graag vir Sule, Alet en Kerry-Ann van Permanent Make-Up Techonology bedank vir die vriendelikheid, kwaliteit van die opleiding en die professionele manier hoe die bespreking en al my vrae hanteer was, van die moment wat ek besluit het om PMU te gebruik na al die navorsing, tot die dag wat ek uiteindelik my serfikate ontvang het.

Ek was self ‘n bietjie skepties oor die “numbing”, maar kan met selfvertroue se dat ek AL my vertroue daarin, asook in die produkte van PMU gekry het nadat dit self op my toegepas is.

Kerry-Ann het die opleiding baie gemaklik gemaak met die nodige hulp en geduld in die gemak van my “eie omgewing”. Jy is ‘n stunning mens om mee saam te werk…baie dankie dat jy jou ondervinding met my kon deel.

PMU Technology is beslis my eerste keuse, en kan dit met ‘n ope hart aanbeveel aan enigeiemand wat op die regte manier wil leer.

Groete,
Johanita Zeelie
Funky Skin
Jeffreysbaai